28 DAE PLUS EBOEK
R297,00
Waarom Gewigsverlies Ná 40 So Moeilik Word om Vol Te Hou
Die 28 Dae PLUS E-boek is vir die bekwame vrou bo 40 wat moeg is vir die eindelose siklus van diëte, beperking en weer van voor af begin — en wat eerder wil verstaan waarom niks tot dusver bly staan het nie.
Dit is nie nog ‘n dieetboek nie.
Daar is geen 28-dae spyskaart, streng protokol of vinnige oplossing binne-in nie.
Hierdie boek verduidelik die denke agter PLUS en wys jou hoe ‘n rustiger, meer volhoubare benadering tot gewigsbestuur lyk.
Hierdie boek is vir jou as…
- jy al voorheen gewig verloor het, maar dit elke keer weer opgetel het;
- jy weet jy kan ‘n plan volg, maar sukkel om dit deel van jou lewe te maak;
- jy ‘n besige professionele lewe het en nie jou hele dag rondom kos wil organiseer nie;
- jy moeg is vir skuldgevoelens, verbode kosse en die gevoel dat jy voortdurend “goed” of “sleg” eet;
- jy jou gewig wil bestuur sonder om heeltyd honger, uitgeput of ontneem te voel;
- jy jou spiermassa, energie en krag wil beskerm terwyl jy vet verloor;
- jy verkies ‘n private benadering — sonder groepe, openbare weeg of sosiale-media-druk;
- en jy wil verstaan wat nodig is om nie elke paar maande weer van voor af te begin nie.
Hierdie boek is nié vir jou as…
jy eintlik op soek is na ‘n klaarbeplande 30-dae eetplan, ‘n streng dieetprotokol of ‘n vinnige oplossing wat vir jou presies sê wat om elke dag te eet nie.
PLUS gaan nie vir jou nog ‘n stel reëls gee om vir ‘n paar weke te volg nie.
Dit begin met ‘n ander vraag:
Waarom hou die resultate nie?
Wat jy in die PLUS E-boek sal ontdek
➙ Waarom die siklus aanhou
Jy het waarskynlik al bewys dat jy gewig kan verloor.
Die moeiliker vraag is waarom dit so moeilik is om die resultaat te behou.
PLUS kyk na die strukture en gewoontes wat jou telkens terugstuur na dieselfde beginpunt — en waarom dit niks met ‘n gebrek aan dissipline te doen hoef te hê nie.
➙ Waarom “minder eet en meer oefen” nie die hele antwoord is nie
Gewigsbestuur ná 40 gebeur binne ‘n ander werklikheid as twintig of dertig jaar gelede.
Jou werk, stres, roetine, eetomgewing en behoeftes het verander.
Die antwoord kan dus nie bloot wees om harder te probeer om ‘n ou plan te volg nie.
➙ Hoe om kos anders te begin beoordeel
PLUS gee jou ‘n raamwerk om voedingsinligting en eetgewoontes met meer insig te beoordeel — sodat jy nie elke keer wanneer die volgende dieetneiging opduik, van rigting hoef te verander nie.
➙ Hoe volhoubare gewigsbestuur werklik kan lyk
Nie as ‘n lewe waar jy voortdurend op dieet is nie.
Maar as ‘n manier van eet wat ruimte laat vir jou werk, jou gesin, restaurante, vakansies en die gewone lewe — sonder dat elke afwyking beteken jy moet weer van voor af begin.
➙ Die beginsels agter ons benadering
Die boek neem jou deur die denke, beginsels en wetenskap waarop PLUS gebou is.
Die boek gee jou die waarom en die wat.
Die stap-vir-stap toepassing — hoe jy hierdie beginsels in jou eie lewe implementeer, wat jy eet, hoe jy jou dae struktureer en hoe jy deur die moeiliker oomblikke werk — is waar die 90-dae PLUS-program inkom.
Wat PLUS anders maak
PLUS is gebou rondom ‘n eenvoudige oortuiging: jy behoort nie jou hele lewe lank besig te wees om dieselfde gewig te verloor nie.
Ons glo gewigsbestuur behoort nie jou lewe kleiner te maak nie. Dit behoort jou te help om sterk en energiek te voel, jou spiermassa te beskerm, kos te geniet sonder om voortdurend skuldig te voel, en jou gewig te bestuur sonder om heeltyd aan dieet te dink — tot jy uiteindelik ophou om dieselfde siklus oor en oor te herhaal.
Dit is ‘n benadering wat fokus op volhoubaarheid eerder as lyding, en op ‘n manier van eet wat by jou lewe pas — nie ‘n lewe wat rondom jou dieet gebou moet word nie.
Wat Lede Sê
“Ek eet lekker en dit voel nie asof ek iets ‘opoffer’ nie. My volwasse kinders eet saam en hulle kan nie glo dat hulle so lekker kan eet en dit is ‘n ‘dieet’ nie… (al verduidelik ek dat dit nie een is nie).”
⭐⭐⭐⭐⭐
— PLUS-lid
“Die manier van eet absoluut volhoubaar en haalbaar is en ‘n MANIER van leef kan word.”
⭐⭐⭐⭐⭐
— PLUS-lid
“Ek nie al op die 1ste en 2de dag my vergryp aan n peuselhappie nie. Inteendeel het ek geen behoefte gehad aan peusel of n craving na iets soets nie..wat nog altyd my grootste probleem was.”
⭐⭐⭐⭐⭐
— PLUS-lid
“Hier is iets wat werk.”
⭐⭐⭐⭐⭐
— PLUS-lid
Gereelde Vrae
Is hierdie ‘n dieetboek?
Nee.
Die PLUS E-boek is doelbewus nie ‘n dieetboek met ‘n spyskaart, resepte of streng daaglikse protokol nie.
Dit verduidelik die denke agter ons benadering tot volhoubare gewigsbestuur en help jou verstaan waarom die tradisionele siklus van verloor, herwin en herbegin so moeilik is om te verbreek.
Kry ek ‘n eetplan saam met die boek?
Nee.
As jy op soek is na ‘n klaarbeplande eetplan wat vir jou presies sê wat om elke dag te eet, is hierdie boek nie die regte produk vir jou nie.
PLUS begin by begrip, nie by nog ‘n stel reëls nie.
Wat is die verskil tussen die boek en die PLUS-program?
Die boek gee jou die waarom en die wat.
Dit verduidelik die beginsels, die wetenskap en die benadering agter PLUS, sodat jy kan besluit of dit by jou pas.
Die 90-dae PLUS-program gaan verder en help jou om hierdie beginsels prakties in jou eie lewe toe te pas — met die struktuur, leiding en ondersteuning wat daarvoor nodig is.
Die boek is dus die plek om te begin as jy eers ons benadering wil verstaan.
Is die PLUS-program by hierdie aankoop ingesluit?
Nee.
Hierdie aankoop is vir die PLUS E-boek alleen.
As jy ná die lees van die boek voel dat hierdie benadering sin maak en jy hulp wil hê om dit in jou eie lewe toe te pas, kan jy meer oor die 90-dae PLUS-program leer.
Vir wie is die boek geskryf?
PLUS is hoofsaaklik geskryf vir die bekwame vrou bo 40 wat ‘n besige lewe lei — dikwels met ‘n loopbaan, gesinsverantwoordelikhede en min belangstelling daarin om haar hele lewe rondom ‘n dieet te organiseer.
Veral as jy al voorheen suksesvol gewig verloor het, maar gesukkel het om dit te behou, sal jy waarskynlik baie van jouself in hierdie boek herken.
Ek het al die 28 Dae Eetplan gedoen. Is PLUS vir my?
Waarskynlik — veral as jy al gewys het dat jy die plan kan volg, maar telkens weer op dieselfde plek eindig.
PLUS is nie bedoel om die 28 Dae Eetplan af te skryf nie. Dit ondersoek eerder waarom ‘n benadering wat vir jou gewerk het om gewig te verloor, nie noodwendig dieselfde antwoord bied vir hoe jy jou gewig op die lang termyn bestuur nie.
Ek het nog nooit die 28 Dae Eetplan gedoen nie. Kan ek die boek steeds lees?
Ja.
Jy hoef nie ‘n jarelange aanhanger van die 28 Dae Eetplan te wees om die beginsels in PLUS te verstaan nie.
Die boek is geskryf rondom die groter probleem van herhaaldelike dieetpogings en die soeke na ‘n meer volhoubare manier om jou gewig te bestuur.
Is dit ‘n maandelikse intekening?
Nee.
Jy betaal eenmalig R297 en die e-boek is joune.
Geen herhalende betalings, maandelikse debietorder of verborge kostes nie.
Is dit ‘n fisiese boek?
Nee.
PLUS is ‘n digitale e-boek in EPUB-formaat wat jy onmiddellik ná aankoop kan aflaai en op jou foon, tablet, rekenaar of e-leser kan lees.
Hoe lank neem dit om te lees?
Die meeste lesers sal dit in twee of drie rustige leessessies kan voltooi.
Dit is nie bedoel om ‘n boek te wees wat jy vinnig deurjaag om by die volgende dieetplan uit te kom nie.
Dit is bedoel om jou te laat stop, dink en jou eie ervaring vanuit ‘n ander perspektief te bekyk.
Die boek is die beginpunt.
As jy wil verstaan hoe volhoubare gewigsbestuur ná 40 kan lyk — Lees die boek. Leer ons benadering ken. En besluit daarna self of jy gereed is vir die volgende stap.

